Santa Gertrudis Suid-Afrika

Indruk Stoet - Hennie Nel & Louise Paterson - Modimolle

TUISBLAD KLUBLEDE DIE RAS VEILING KALENDER KONTAK ONS DIERE TE KOOP
Hennie Nel

Indruk Santa Gertrudis

Indruk Santa Gertrudis Stoettery het in Augustus 1984 ontstaan met die aankoop van drie koeie van Dr Kiewiet Kotzenberg.

In November 1984 het ons die bekende bul Hindrik van Bouwman Santa aangekoop wat die grondslag gele het van die Stoetery se vroulike diere. Ons poog om die kudde op te bou met behulp van prestasie-toetsing en kwaliteit. Tien bekende toptelers van Suid-Afrika se koeie word tans gebruik as genepoel.

In 1994 het ons begin skou en daardeur groot prestasies behaal. By die 2007 Santa Gertrudis Nasionale skou het ons 'n 6de plek behaal met die meeste punte in die land.

Ons het in 2007 reeds ons 12de produksieveiling gehou op Warmbad en goeie pryse behaal vir bulle en verse. In 2007 het ons ook ons eie stoetbul HN05-046 aan HB Louwrens en Seuns verkoop en die bul word in hulle kudde gebruik.

Ons gebruik tans bulle van Mnre Thys Brits, Johann de Wet en Oscar de Freitas in ons kudde, en is ook deel van die Noord Santa Klub wat in 1995 gestig is op Stokkiesdraai.

Terug na Bo