Santa Gertrudis Suid-Afrika

Sanmar Stoet - Jaap Mare - Polokwane

TUISBLAD KLUBLEDE DIE RAS VEILING KALENDER KONTAK ONS DIERE TE KOOP
Sanmar diere

Sanmar Santa Gertrudis

Nadat ons 'n produksieveiling van die Noord Santa Klub op Warmbad bygewoon en gesien het hoe mooi die diere vertoon en hoe goed die diere verkoop het, het ons baie belang gestel in die Santa Gertrudis ras. Ons het meer oor die ras begin uitvind en besluit om van die diere aan te koop. Die Sanmar Santa Stoet is in 2005 begin met die aankoop van vroulike diere vanaf L de Lange (Leocor), J de Wet (Jocharl) en LP Barnard (Loubar). Bulle is aangekoop vanaf Amy Williams (Consort).

My gesin bestaan uit my vrou, Helena en 4 kinders, 3 dogters en 'n seun. Ons boer sedert 1978 op die plaas Rietkolk in die Pietersburg-distrik, nadat ek 'n landboudiploma in Potchefstroom verwerf het. Ek het oorspronklik met mielies, Bonsmaras en Drakensbergers geboer. Droogtes en probleme in die vleisbedryf het ons genoop om na 'n melkboerdery oor te skakel.

Die plaas se gemiddelde reenval is 480mm per jaar. Die weiveld bestaan uit goeie gemengde soet- en suurveld. Die gebied is onderhewig aan strawwe bosluisbeladings en gevolglik kom hartwater, rooiwater en galsiekte in die gebied voor. Gedurende die wintermaande is veldbrande 'n baie groot probleem in die gebied.

Prestasie-toetsing word sedert die ontstaan van die stoet gedoen. Ons oogmerk is om kwaliteit prestasie-getoetste diere aan die veebedryf beskikbaar te stel. Bulle en vroulike diere word op die Noord Santa Produksieveiling asook uit die hand verkoop.

Terug na Bo