Santa Gertrudis Suid-Afrika

Leocor Stoet - Leon de Lange - Alma

TUISBLAD KLUBLEDE DIE RAS VEILING KALENDER KONTAK ONS DIERE TE KOOP
Leocor

Leocor Santa Gertrudis

Leocor Santa Gertrudis Stoettery het sy ontstaan gehad in 1984 net nadat ek by die destydse Departement van Landbou begin werk het. My doel was om in die bosveld met 'n aangepaste rooi bees te kan boer en om die mees effektiewe speenkalwers te produseer. Ek het eers opgegradeer uit Santa/Sussex/Afrikaner tipe diere en later uit verskeie kuddes stoetdiere aangekoop. Kruisteling met ander rasse het my laat sien dat speenkalwers tot 20 kg swaarder wel moontlik is op natuurlike weiding, en daarom het ek van die begin af streng vir melkproduksie en vrugbaarheid geselekteer. Ek het onmmiddellik by die prestasietoetsskema aangesluit en my beeste begin weeg.

Die mooi temperament van die Santa verseker dat daar maklik geboortemassa geneem kan word direk na kalwing. Daar was nog nooit diere uit die kudde uitgeskot gegrond op temperament nie. Die ligte geboortemassa met swaar speenmassa was die hoofrede vir my besluit om met Santas te teel. Die groot aanvraag na Santabulle en -koeie het alreeds in 1994 begin toe my eerste bulle verkoop is. Uit hierdie kudde is bulle al verkoop aan boere in Botswana, Vryburg en Musina.

Die kudde word bestuur op dieselfde basis as 'n kommersiele kudde, met 2 dekseisoene van 72 en 42 dae onderskeidelik. Alle diere het 'n natuurlike weerstand teen hartwater, rooiwater en galsiekte. Kalwers word die eerste 4 tot 6 weke na geboorte gladnie gedip nie. Diere kry slegs fosfaatlek in die somer en winterlek in die winter.

Prestasietoetsing was van die begin af deel van my seleksie-strategie. Ek het baie selektief diere aangekoop, onder andere by Dr Kiewiet Kotzenberg, Geoff Botha en Paul Yannakis.

Die De Lange Familie

Karen, Leon, Erika, Lizelle en Leone
Terug na Bo