|
Zondagspan Santas
Hierdie stoet is opgeteel uit Simbra koeie op die plaas Zondagspan in Noordwes tussen Mafikeng en Zeerust. Die eerste Santa Gertrudis Bul, HB87 33, is aangekoop van oom Thys Brits en het 'n groot rol gespeel tydens die opgraderingsproses. Daarna is saad van verskeie bulle gebruik. Die bul KTZ93 5 het 'n groot bydrae gemaak om kort skedes, goeie agterkwarte en groot gesonde testisse in die kudde in te bring.
Die bul PZ95 48, seun van XY92 112, het tydens die nasionale kampioenskappe in Bloemfontein die fase C en die interras kompetisie gewen, terwyl PZ96 60, 'n seun van KTZ93 5, by Pretoria skou die Junior Bulkampioen was.
Die doelwitte en prioriteite van Zondagspan Santas is om:
- Hierdie wonderlike ras en nie eie-belang of die belang van groepe nie, te dien.
- Gebreke en tekortkominge van ons eie beeste/ras te erken en identifiseer, en dit kollektief, in belang van die ras, saam met eenders denkende telers aan te spreek en te verbeter.
- 'n Baie streng deurlopende seleksieproses, in samewerking met mede Santa-telers, asook telers van ander rasse te volg en ook teelbeleid daarvolgens aan te pas.
- Dringend geneties meerwaardige diere in die stoet en in die ras te identifiseer veral m.b.t. aanpasbaarheid en vrugbaarheid. Hierdie genetika moet aktief vermeerder word binne die groep telers wat hierdie doelwitte deel.
- Nederig, eerlik, betroubaar en krities te wees in dit wat ons doen.
|
|