Santa Gertrudis Suid-Afrika

eRBee Stoet - Ronnie Brink - Alma

TUISBLAD KLUBLEDE DIE RAS VEILING KALENDER KONTAK ONS DIERE TE KOOP
eRBee Santas

eRBee Santa Gertrudis

Ek boer met my kudde op die plaas Weltevrede naby Alma in die Waterberge, waar gemengde soet/suurveld voorkom. Dit is strawwe hartwater, rooiwater en galsiekte omgewing wat 'n geharde, korthaar, bosluisweerstandige bees vereis.

Ek strewe daarna om 'n mediumraam vleisbees te teel wat goed aangepas is by sy omgewing. Bulle moet manlik en bespierd wees en vleis dra. Vroulike diere moet breed en diep wees, maar steeds vroulik vertoon. Funksionele doeltreffendheid is uiters belangrik en my doelwit is koeie wat elke jaar 'n kalf grootmaak wat aan die rasstandaarde voldoen.

Hoewel balans 'n sterk doelwit in ons teelbeleid is, beteken dit allermins dat ons terugsit en verval in 'n gemaksone van gemiddeldheid. Met 'n mediumraam en balans voortdurend in gedagte, streef ons na die perfekte deur doelwitte op 'n deurlopende basis te toets en aan te pas.




Die Brink-Stoet


(Tweede Versie) Claudi, (Oudste Versie) Roelien, (Stoetkoei) Lenie,
(Bulletjie) Andre (jongste)
Afwesig op foto:
(Stoetbul) Ronnie (Elders op blad)



Claudi, Roelien, Lenie en Andre Brink
Terug na Bo