Santa Gertrudis Suid-Afrika

Noord Santa Klub - Die Ras

TUISBLAD KLUBLEDE DIE RAS VEILING KALENDER KONTAK ONS DIERE TE KOOP

Santa Gertrudis - Kort Geskiedenis

Die Santa Gertrudis ras is vroeg in die 1900's in die Suide van Texas ontwikkel. In daardie stadium is hoofsaaklik gebruik gemaak van Britse vleisrasse, ook bekend as Bos Taurus. Die swak aanpassing en prestasie van hierdie rasse is aanvanklik toegeskryf aan wanvoeding en het bekend gestaan as die Tropiese Degenerasie Sindroom. Kleberg het egter gemerk dat die Bos Indicus beesrasse nie dieselfde probleem ondervind nie en het met die hulp van 'n wetenskaplike kruisteelprogram die Santa Gertrudis ras ontwikkel.

Die ontwikkeling van die ras was so suksesvol dat die bekende Prof Jan Bonsma later jare 'n baie soortgelyke resep gebruik het om die Bonsmara ras te ontwikkel. Dit verklaar dan ook hoekom die twee rasse so baie na mekaar trek. Die finale samestelling van die Santa is 5/8 Bos Taurus en 3/8 Bos Indicus.

  • Die Santa Gertrudis is 'n geharde vleisras wat baie goed aanpas in alle gebiede in Suid-Afrika.
  • Die ras vaar uitstekend in kruisteelprogramme en is bekend vir klein kalwers by geboorte.
  • Die ras toon besondere goeie voorspeense groei as gevolg van sy goeie melkeienskappe.
  • Die ras toon uitstekende naspeen-groei op weiding en in die voerkraal.
  • Die ras toon uitstekende karkaskwaliteit en uitslag-persentasies van 63% en meer word gereeld behaal met afgeronde beeste.
  • Van die beste voeromset-verhoudings van alle vleisrasse. (In 2009 behaal 'n Santa Bul van Pieter Vorster, PV0834, 'n nasionale rekord vir Fase C getoetse bulle, met 'n ongelooflike voeromset van 4,09 en 'n GDT van 2.44.)
Terug na Bo