Santa Gertrudis Suid-Afrika

Vroegbegin Stoet - Wally Smith - Radium

TUISBLAD KLUBLEDE DIE RAS VEILING KALENDER KONTAK ONS DIERE TE KOOP
Vroegbegin

Vroegbegin Santa Gertrudis

My kudde het sy ontstaan gehad in 1999 toe ek die eerste keer 'n Santabul by my buurman langs die heining sien loop het. My kommersiele diere (hoofsaaklik Brahman tipe) was die begin van my beesboerdery. Ek het daar en dan besluit om een van my buurman se Santa bulle te koop. In 2000 toe die kalwers aankom, het dit my oortuig om die stoet te begin. Vandaar dan ook die naam "Vroegbegin".

Ek het my eerste verse uit die Lacornie-stal aangekoop en besluit om met volstoet diere te begin teel. In 2001 tydens die Noord Santa Klub se produksieveiling, het ek vroulike diere aangekoop, hoofsaaklik by Dr Hennie Nel, Dr N Laage en John Schmidt. My doelwitte was maar hoofsaaklik om vir vrugbaarheid en melkproduksie te selekteer. Na deeglike konsultasie het ek besluit om my bulle te vervang en het ek by Leon de Lange (Leocor) en Ronnie Brink (eRBee) bulle aangekoop wat my kudde kon verbeter.

In 2004 het ek by die Noord Santa Klub aangesluit en baie bekwame inligting en advies ingewin om my kudde beter te kan evalueer en bestuur. Prestasie-toetsing tesame met die oog het my weereens laat besef dat teling nie so eenvoudig is as wat dit mag lyk nie.

Ek boer tans in die Radium-distrik met my Santas wat my oneindig baie plesier verskaf.

Wally en sy Gesin

Wally Farm

Terug na Bo